Nood leer bid of in dié geval, melk

Posted in Latest News

AGRI-PULSE - ASKHAM - Die spreekwoord lui nie verniet, “nood leer bid” nie. En dis presies wat Hans Knoesen van Camel Milk South Africa gedoen het.
In 2015 was die gebied midde in ‘n drie jaar lange droogte en op daardie stadium was daar 60 volwasse kamele op die plaas ingesluit ongeveer 30 bulle. Om van die bulle ontslae te raak het hy begin soek na ‘n mark vir kameelvleis, dit het hom gelei na die gesondheidseienskappe van kameelmelk. Vandaar die besluit om kamele te begin melk.
Camel Milk South Africa is die enigste besigheid in Suid-Afrika wat kameelmelk kommersieel produseer. Daar is ander plase met kamele, maar sover Hans kon vasstel, is hulle die enigste plaas wat kameelmelk kommersieel verskaf...

Lees meer in ons November 2018 weergawe.