Dié jongboer vlieg hoog

Posted in Latest News

Agri-Pulse Tosca – Jy moet ‘n plan hê vir die toekoms, natuurlik. Maar jy moenie soveel tyd spandeer deur jou te bekommer oor wat die toekoms inhou dat jy die geleenthede wat vandag hulself voordoen, miskyk nie.
Só sê JP van den Berg, Suid-Afrika se Jongboer van die Jaar 2018.

Maar, voeg hy by, boerdery is ‘n spansport. Hy is van mening dat jy jou mense – jou span – agter jou moet hê, want as hulle nie inkoop en deelneem aan jou planne nie, het jy nie baie hoop op sukses nie.
En JP is ‘n gelukkige man. Deel van sy ‘span’ is sy pragtige, begaafde dokter-vrou, Linné.
JP, van die plaas Buttermere in die Tosca-omgewing buite Vryburg, is geen onbekende as dit by toekennings kom nie. Sedert 2014 is hy al drie maal aangewys as Aartappelmoerkweker van die Jaar en was hy ook ‘n vorige keer – 2015 – ‘n finalis in die Noordwes Jongboer van die Jaar-kompetisie. Prestasies waarvoor hy baie, baie dankbaar is... Lees meer in ons November 2018 weergawe.