Boer beeste beter

Posted in Latest News

James Blignaut

Golwend staan die gras in die laatmiddagson, beeste ikonies soos kaneelsuiker daarin gestrooi.  Die hart klop warm.  Afrika is beeste, beeste is Afrika; die smaak van moerkoffie en die reuk van warm kraalmis roer jou binneste.  Dit reik diep – worteldiep.

Beeste is nie vleis nie, beeste is die verwerkliking van ‘n storie – my en jou storie – ons storie.  Welke dit in die Oos-Kaap, Limpopo of elders in Afrika is, beeste bind Afrika saam met osrieme sterk gebrei.  Dit is die fluit van verwondering by die vendusie; dit is die storie by ‘n braaivleisvuur; dit is die storie van gister, vandag en môre.  Gelyktydig omvat dit nostalgie, verlange en hoop terwyl dit die identiteit van vele vaslê.  
Tog, in die harde werklikheid is die letsels van oorbeweiding deur en die onderbenutting van beeste orals duidelik sigbaar.  Voetpaaie word erosieslote – die gras ontwortel.  Suipings word woestynpanne.  Soetgras word suur.  Die slangbos baljaar en op die horison kom die swart- en blouhaak tesame met sekelbos ingerol met bankrotskap daaragter.  Die realiteit poog hard om die prentjiemooi foto van sentiment en herinnering uit te vee – en daarop volg die ontworteling van die wat Afrika huis noem.  Gaan die aanslag van degradasie slaag? 

Lees meer hier.