Boerkool - interessant, mooi en lekker…

Posted in Latest News

Anina Meyer

Met die verskeidenheid van kulture wat ons in Suid-Afrika het, is ons stadig maar seker besig om interessante en lekker geregte in die Suid-Afrikaanse kombuise in te bring. Een so ‘n gereg is boerkool of beter bekend as “kale”. Nie heeltemal volksvreemd nie, maar die eienaardigheid en hoë voedingswaarde van boerkool speel ‘n groot rol in die aanvraag na die gewas. Soveel so, dat boerkool deesdae algemeen beskikbaar is in die meeste kettingwinkels landswyd.
Die groeiende aanvraag na boerkool bied natuurlik vir boere die ideale geleentheid om daarin te voorsien. Een so boerdery is Langhoek Boerdery in die Groot Brakrivier-omgewing. Hulle plant twee van Bejo se kultivaars wat deur Nuvance versprei word, naamlik Darkibor en Redbor. Darkibor is ‘n baie mooi gesonde donkergroen seleksie met fantastiese blaarproduksie en ‘n lang oesperiode met die gevolglike hoër opbrengs.
Redbor is ‘n baie aantreklike donker rooi/pers, amper swart, seleksie.
Huidiglik is die verbruikersaanvraag na groen (Darkibor) groter as rooi (Redbor). Dit is dus vir die produsent van belang om hierdie twee boerkole in die regte verhoudings aan te plant, sodat daar optimaal aan die markbehoefte voorsien kan word.

Lees meer hier.