Roofdiere met nuwe Tegnologie verjaag

Posted in Latest News

Vir slegs R10 per per jaar hou boere hul plase skoon van Jakkalse, rooikatte en selfs kraaie.

AGRI-PULSE - Boere in die Karoo, Namibia, Oos-Kaap en die Vrystaat is baie tevrede noudat hul roofdiere weggejaag is. Die skape is rustiger en van die  boere sê hulle slaap ook sommer beter nou dat die skape nie meer op kraal hoef te staan nie - hulle kan nou veilig wei en die jakkalse en Rooikatte soek nou ander weivelde.
Dit alles nadat hulle Agri Frequencies se nuwe Kristal Tegnologie ingespan het om roofdiere van hul van die plase af te hou.
Solank as wat die roofdiere gejag word teël hulle meer aan. Waar hul area egter kleiner gemaak word, beperk hulle self hul aanteel en die natuur kan weer in balans kom.
Net met foto’s van die roofdiere en die plaas maak Agri Frequencies teenfrekwensies wat die roofdiere en kraaie weghou.
Die proses werk baie effektief en boere het gevind dat van die jakkalse wat binne hul jakkalsdraad vasgekeer was, nie meer die lammers vang nie al loop hul in dieselfde kamp - hul pense is leeg en hulle het heeltemal vermaer. Giel van Niekerk is van Prieska is baie in sy skik omdat die jakkalse nou wegbly van sy skape af. Hy het wel aanvanklik lammers verloor totdat hy foto’s kon kry van al die jakkalse wat sy lammers geëet het. Giel laat gereeld soek vir spore en gebruik kameras waarmee hy die suipkrippe dophou vir roofdiere, geen jakkalse of rooikatte suip meer water daar nadat hy by Agri Frequencies aangesluit het nie.  Hulle kry ook nie spore van die roofdiere nie.
Baks Laubsher van Marydale kry ook spoorsnyers in, maar hul sien ook geen roofdierspore nie, en merk op dat sy buurman se skape na aan sy grens kom wei, waarskynlik omdat die jakkalse hulle pla aan die anderkant waar die jakkalse nie beheer word nie, die frekwensiebehandeling van Agri Frequencies werk oor die grens om ‘n buffersone te skep wat die jakkalse weghou van die grense af. So word ook kraaie wat die lammers se oë uitpik, weggejaag. Dit is baie bekostigbaar en kos slegs R10 per hektaar per jaar - dan is daar nog grootskaal korting vir boere met groot grond, of waar verskeie boere gesamentlik bestel. Agri Frequencies stuur uitfasefrekwensies wat baie subtiel is maar tog sterk genoeg om rotte en insekte te dood en jakkalse en voëls te verwilder in die teikengebied. Dit laat plante 30% minder water gebruik met waterstrukturering wat ook oor die oppervlakte versend kan word - dit werk so goed soos ekstra reën. Die gestruktureerde water help om water te suiwer en maak pype, ketels en geysers skoon. Bosluise, parasiete en vlieë word beheer, en krippe en damme kan ook vry van alge gehou word om arbeid te bespaar.
Die frekwensies kan ook in-fase aangewend word om plante en diere beter te laat presteer .
Veldstimulasie kan die veld genoeg verbeter om selfs in droogte toestande meer skape te dra per oppervlakte.

Hoe dit werk:
•    Agri  Frequencies gebruik foto’s van die roofdiere om hul frekwensies mee te bepaal, daarmee berei hulle ‘n teenfrekwensie voor wat daardie spesifieke spesie kan beheer.
•    Elke organisme het ‘n spesifieke frekwensie, en kan uit-fase gekopieer word van slegs n duidelike foto van sy gesig. Hierdie foto’s word deur ‘n kwantum skandeerder gekopieer in kristalpoeier in, waar dit gestoor word vir latere gebruik.
•    Die kristalpoeier word dan met ‘n verdere apparaat, ‘n kwantumsender gestuur na enige plek op aarde met behulp van ‘n lugfoto.
•    Die proses is baie akuraat, dit teiken slegs die gekose spesies, en slegs op die teiken gebied.
•    Die boere kan ook self toets dat hul die frekwensies ontvang deur ‘n eenvoudige toets wat op die plaas gedoen kan word.
•    Dieselfde metode word ook met groot sukses aangewend om insekte te beheer in gesaaides soos vrugte en groente. Talle boere het reeds bevind dat hierdie Kristal frekwensies beter insekbeheer gee as chemiese middels.
•    Daar is ook ‘n reeks produkte om al die peste en plae te beheer op klein skaal met instrumente wat vir net R800 elk ‘n 40 meter radius dek om pes beheer toe te pas.