Jeugskou Kampioenskappe kom ‘Texas’ toe

Posted in Latest News

AGRI-PULSE – VRYBURG – Die storie loop dat ‘n Amerikaner jare gelede by Oom Hans Köster kom kuier het en toe opgemerk het dat hy tuis voel, dié plek lyk dan nét soos Texas.

En só het die Vryburgomgewing bekend begin staan sd ‘Die Texas van Suid-Afrika’.
Ja, en soos die Texans, glo die boorlinge van dié streek ook dat groter is altyd beter.
Dié dat hul beplan om die grootste Jeugskou nóg aan te bied.
Vryburg is vanjaar die gasheer vir die Old Mutual Insure Agri Nasionale Jeugskou Kampioenskappe wat 22-25 September aangebied word. Meer as 450 deelnemers uit al nege provinsies word verwag – die meeste wat nog ooit deelgeneem het.  
Volgens Breyton Milford, voorsitter van die Nasionale Landbou Jeugvereniging, is Vryburg se fasiliteite ideaal om ‘n toernooi van dié statuur aan te bied. “Noordwes Jeugskou het die afgelope paar jaar geweldig gegroei en om die toernooi in Vryburg aan te bied, skep ‘n geleentheid om Jeugskou selfs verder in die omgewing te bemark. Dit bly egter ‘n unieke geleentheid waar die land se beste skoumanne en -dames wat reeds provinsiale kleure verwerf het, in aksie sal wees,” het hy verduidelik.
Deelnemers ding vanjaar in 15 kategorieë mee, naamlik: Vleisbeeste, suiwelbeeste, wolskape, vleisskape, vleisbokke, sybokke, melkbokke, wedvlugduiwe, sierduiwe, varke, kulinêre kuns, suiwelbereiding, konyne, pluimvee en perde.
Old Mutual Insure Agri is reeds sedert 2013 die naamregte borg van hierdie unieke geleentheid, Die maatskappy sê dat hul jeugskou beskou as ‘n belegging in die toekoms van landbou. Hulle glo dat jongmense deur die opwinding van die landbou geprikkel moet word en dat dit daarom belangrikis dat die jeug op ‘n vroeë ouderdom aan landbou blootgestel word.
Besoekers is welkom om diée geleentheid heeltemal gratis by te woon.