Dwergavokadokultivars: Dinamiet in klein bondeltjies

Posted in Latest News

Agri-Pulse - Spasie raak vir vrugteboere kritiek. Die tendens is om méér met minder te produseer – en daarom die toenemende gewildheid van dwergbome.

Dwergavokadobome bied die voordele van ‘n kompakte boord – wat ook besparings met betrekking tot arbeid en produksiekoste beteken.  Met insetkostes wat gedurig aan die styg is, en hulpbronne wat kwyn, moet baie vrugteprodusente maar op die uitkyk bly vir maniere om hul boorde optimal te benut.
Een van die nuwe bome wat vir boere beskikbaar is, is die Gem dwergavokado. Dit is ook ‘n donkervel-variteit soos die baie gewilde Hass-avokado. Maar anders as die Hass, word die Gem later in die jaar ryp en word die toeloop op die mark van die gewone variteite gesystap.

KLEINER BOME, MINDER PROBLEME

Een van die negatiewe punte van die gewone avokadovariteite is dat hul welige groeiers is. En om dié groot bome gesnoei te kry vereis intensiewe arbeid. Boere benodig groter masjienery om te snoei, asook ‘chipper’ om die groot take tot bemesting te verwerk.
Die kleiner bome aan die ander kant, groei stadiger en het skaars snoei nodig. Dit is slegs nodig om enkele van die kleiner takkies te verwyder – en dié kan sommer in die boord gelos word om bemesting te word.
Oestyd is ook minder van ‘n volskaalse operasie.
Die normale grootte bome kan tot ses meter hoog word en arbeiders moet lere gebruik om die hoë vrugte te pluk – wat baie tyd in beslag neem.
Die kleiner boompies beteken dat werkers net hoef te strek om by die vrugte te kan uitkom. Met die kleiner bome kan tot 20 ton vrugte geoes word in sowat vier ure. Dit neem byna ‘n dag-en-‘n-half om dieselfde hoeveelheid avokado’s van normale grootte bome te oes.
Plaagbeheer is ook baie minder ingewikkeld met die kleiner bome – en ook baie goedkoper. Op plase waar dié dwergies floreer, gebruik boere ‘n enkele sproeibeheersisteem om die hele boord te behandel – waar hul tot vier trekkers, met vier sisteme en ten minste agt werkers met sproeigewere moet inspan om die normale grootte bome te takel.
Nog ‘n pluspunt van die dwergbome is dat hul slegs twee toedienings van koper per jaar hoef te kry – in teenstelling met die normale boorde wat vier vereis. Die resultaal is ‘n vermindering in die gebruik van chemise stowwe, minder arbeid – en laer koste.

PRODUKSIE

Die groeivereistes vir gewone grootte bome en die dwergbome is baie eenders: beide benodig, lemerige, goed-gedreineerde grond. Die bome floreer waar hul ‘n groter laag bogrond het en waar daar meer lug beskikbaar is rondom die wortels sodat water nie opdam nie en die plant nie deur Phytophthora geaffekteer word nie.
Beide die gewone, as die dwergkultivar word in a Dusa kloonwortelstok oorgeplant.
Die dwergbome word teen ‘n digtheid van 550 bome per hektaar geplant, terwyl die ratio vir gewone bome 300 per hektaar is.
Gem-bome begin September-Oktober blom en die oes is reg vir pluk 12 maande later. Alhoewel die boom nie addisionele bemesting benodig nie, vereis dit egter ‘n ander regime – omdat die vrugte langer neem om oesgereed te wees.
Kundiges beveel dus aan dat die bome deurlopend met ‘n kleiner dosis kunsmis gevoed word.
‘n Boer wat reeds met die Gem-variteit werk vertel dat sy eerste oes sowat sewe ton per hektaar was – en nou sowat 20 ton lewer. Die bome lewer ook vrugte wat meer konsekwent is, met baie kleiner variases in vruggrootte.
Oor die algemeen lewer die Gem-dwergbome ‘n groter vrug as die gewilde Hass – 300g teenoor die gewone boom se 200g-vrug.
Nog ‘n voordeel van die gem-bome is dat die vrugte aan die binnetakke van die boom gedra word – wat dit ‘n natuurlike beskerming teen die elemente bied.
Boere rapporteer dat hul minder haelskade, sonbrand of skade as gevolg van uiterste koue met dié vrugte het. Dit lei daartoe dat tot 90% van die ge-oeste vrugte verpak kan word – in teenstelling met die gemiddeld van 75% van gewone bome. Hulle rapporteer ook dat Gem-bome se vrugte se grootte ook minder wisselvallig is. Indien ‘n boord 20 ton per hektaar vrugte oplewer, sal slegs sowat vier ton as laer graad aan die mark gelewer word. Dit kan óók toegeskryf word aan die feit dat die bome kleiner is en voedingstowwe nie so ver teen take op hoef te reis om die vrugte te bereik nie.

DIE REGTE TYD

Alhoewel Suid-Afrika se harde klimaat eintlik groenvel-avokado’s beter pas, bly die vraag na donkervel-avokado’s oorweldigend. Die gewone grootte bome se vrugte moet in die hoogseisoen meeding met invoere. Die Gem-bome lewer vrugte later – en boere baat dan omdat die mark nie so oorspoel is nie. Dit maak diédwergbome se vrugte ook ‘n geldmaker vir die uitvoermark.
Kundiges beveel aan dat avokadoboere ‘n kombinasie van groenvel, donkervel –en dwergbome moet aanplant. Dit gee jou ‘n speelveld wat verskeie opsies beskikbaar het – maar met veel minder risiko’s.

VOORUITSIGTE

Die avokadobedryf is die ene belofte.
Pryse bly styg en is al vir die afgelope vyf jaar baie belonend. Die plaaslike mark brei ook bykans by die dag uit, wat dié bedryf se winsgewindheid kan verseker.