SV9054YG* ‘n uitvoergehalte zucchini (murgpampoentjies)

Posted in Latest News

Agri-Pulse - NOORDWES - Een van Nuvance se flagskip kultivars is natuurlik die immergewilde SV9054YG* zucchini, een van Seminis se vele topprodukte wat veral deur boere in die Limpopo-provinsie aangeplant word. Genoemde zucchini is ‘n baie mooi donker en silindriese ‘marrow’. Nadat ‘n kliënt SV9054YG* een keer geplant het, bly hy/sy gewoonlik dié varieteit aanplant en behaal hy/sy newens vinnige oesgereedheid ook uitstekende opbrengste.

Topprodusente maak gewoonlik staat op topprodukte veral as dit vir die uitvoermark bedoel is. Om deesdae kompeterend op die europese groentemark te kan handel dryf, beteken goeie beplanning, bestuur en natuurlik goeie produk, iets waarvoor Mardi boerdery in Limpopo reeds bekend staan. Vir hierdie veeleisende mark maak Mardi boerdery staat op SV9054YG*. Wat SV9054YG* laat uitstaan bo ander varieteite, is sy goeie vrug-kwaliteit en diep donker kleur, boonop is SV9054YG* ook die vinnigste skorsie-varieteit tans op die mark wat plant tot oes aanbetref (28 – 35 dae, dit is ongeveer 5 tot 7 dae vinniger). SV9054YG* bied ook bestandheid teen ZYMV en WMV met uitstekende blaarbedekking.
Maak dus gerus SV9054YG* ook deel van jou suksesresep.