Eet sampioene en beveg borskanker

Posted in Latest News

AGRIPULSE – RUSTENBURG - In Suid-Afrika spog ons met verskeie inisiatiewe waarby die totale gemeenskap betrokke is om kanker te bestry. Vandeesmaand is geen uitsondering nie. Het jy geweet dat Oktobermaand tot Borskankermaand verklaar is? Met ander woorde, allerlei aksies en programme om onder die publiek ‘n bewustheid van die gevare, oorsake en risikos van borskanker te bevorder. 

Vir die duur van Oktober het Suid-Afrikaners vanjaar die geleentheid om elkeen sy deeltjie in die stryd teen borskanker by te dra, deur, glo dit as jy wil, om die tafel te sit en ‘n heerlike ete te geniet. In ‘n baie spesiale promosie deur die Suid-Afrikaanse Sampioenkwekersvereniging in samewerking met Pick n Pay Beyers Naudé-rylaan (Lifestyle Centre Rustenburg) en Pick n Pay Greystone Crossing, Rustenburg, asook Pick n Pay-takke landswyd, het Suid-Afrikaners die geleentheid om op ‘n baie eenvoudige, tog direkte, wyse hul deeltjie te doen.  Wees eenvoudig op die uitkyk vir die pienk pakkie 250g (gesnyde of heel) sampioene op Pick n Pay-winkelrakke en verseker sodoende dat R1 vir elke pakkie sampioene wat gekoop word vir die befondsing van silikon-prostese vir vroue wat deur borskanker geraak is/word, geskenk word. ‘n Wonderlike inisiatief deur die Sampioenkwekersvereniging van Suid-Afrika in samewerkeing met Pick n Pay landwyd! Ondersteun asseblief dié verdienstelike veldtog en dra u deel by!