Trekkerliefde help

Posted in Latest News

AGRI-PULSE – KROONDAL – Vir die mense van die Rustenburg-omgewing is die jaarlikse Trekkerdag by die gesellige Brauhaus Am Damm al ‘n instelling.

En vanjaar is dié dag vir die sewende keer aangebied. ‘‘Soos baie goeie idees, het dié een laat een aand in ‘n plaaskroeg begin,’ vertel Thomas Schlotfeldt, een van die stigterslede van die dag.  ‘‘Peter Roberts en Christian Schlotfeldt het die idee gehad om ‘n paar manne in die distrik te nooi en dan met ou trekkers kompetisies te hou.’’
Wel, die idee was goed, die plan was reg, en die uitvoering puik - dié dat die dag van krag tot krag gaan.   Wat oorspronklik beplan was as lekker klein gesinsdag het sommer in die eerste jaar oor die 600 besoekers gelok. Die ou trekkers het ‘n manier om met ‘n mens se hart te praat. Sommer spoedig was nuwe trekker-uitstallers ook gretis om deel van die dag te word en deesdae moet jy vroeg opstaan om te sorg dat jy ‘n lekker tafel kry met ‘n goeie uitsig oor al die aktiwiteite.  ‘n Groot deel van die dag se sukses sluit in die feit dat ou trekkers, blink of stink, nie net vertoon word nie, maar ook moet deelneem. Dit gee die skare waardering vir die harde manne wat moderne boerdery gebring het tot waar dit tans is.  Vanjaar was dit egter nie net pre ten plesier nie – daar was ook ‘n baie ernstige ondertoon. “Ons bid elke jaar vir reën, maar hierdie jaar het ons met Boere Droogtehulp SA saamgespan om ‘n spesiale fondsinsameling te reël vir die boere wat bitter swaar trek weens die droogte,”sluit Thomas af.  Mense wat nog wil bydra tot die droogtehulpprojek, kan vir Thomas Schlotfeldt by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. ‘n e-pos stuur.