Bokse vol liefde

Posted in Latest News

AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Die knellende, langdurige droogte wat ‘n groot deel van Suid-Afrika in sy onverbiddelike kake het, het baie gemeenskappe – en gesinne – teen die grond.

Die mense van Rustenburg en omgewing het by ‘n landswye veldtog, Bokse vir Boervroue,  aangesluit om ‘n tikkie verligting te bring aan mense wat baie min hoop oor het.  Wanneer jy die omvang van die droogte sien, kan mens vinnig magteloos voel. Want hoe op aarde kan jy help? Maar dit was die hele doel agter hierdie omgee-bokse: om net op hulp vir één vrou te fokus - en só kon derduisende vroue met hulp bereik word. Uit een van die Rustenburg-projekte het bykans ‘n duisend bokse gekom! Met die hulp van Philip Motors Couriers het dié bokse hul weg gevind na Bloemfontein se VLV - en vandaar word dit dan nou weer versprei na gebiede waar die nood groot is - en een boks, wat met omgee en liefde gemaak is, ‘n hart sal verbly.