Maak jou lewe makliker met EZ Spray

Posted in Latest News

AGRIPULSE - Onthou jy nog die dae van ‘n hand-aksie rugspuit op jou rug waarmee jy letterlik moes swoeg om ‘n behoorlike toediening van vloeistof-plaagbeheer/voeding in huishoudelike-, kommersiële- of die landbou-sektor te verseker.
Danksy nuwe tegnologie hoef jy geensins meer natgesweet of gefrusteerd te wees wanneer dit huistoegaantyd is nie.

EZ Spray bied ‘n elektriese 12 V herlaaibare rugsakspuit wat beslis jou lewe veel makliker sal maak. Die rugsakreeks bestaan uit ‘n 16 liter elektriese spuit, ‘n 16l-sonpaneel – elektries herlaaibare spuit en die jongte toevoeging – die SL rugsakspuit wat ideaal is vir elke huishouding. ‘n Hoë kwaliteit, bekostigbare, duursame batteryspuit met verskillende spuitkoppe ideaal vir die Afrika-natuur. Goeie nuus is dat jy ook hoegenaamd nie met batterye hoef te sukkel nie – ‘n volgelaaide battery kan nie in ‘n enkele dag “pap” gespuit word nie. Die EZ Spray is eenvoudig ‘n moet vir die boer, die plantkundige/faktotum of die huisvrou!
Die EZ Spray-rugsakspuit is maklik hanteerbaar, maklik om skoon te maak en herlaai en hergebruik is doodeenvoudig. Die EZ Spray bied jou ‘n oneindige hoeveelheid aanwendings:  Sanitasie van toerusting en geriewe by skole, gims, die beheer van onkruid om die huis, onder die lyndrade, tussen gewasse ens, die toediening van vloeibare kunsmis by groente, vrugte of in die tuin, effektiewe en maklike plaagbeheer, ideaal vir hoenderhokke, melkstalle pesbeheer, of die skoonmaak van fabrieke en/of werksplekke.
Jy kan dit ook gebruik as ‘n misreënspuit op daardie ondraaglik-warm dae, parasiete by vee en daar is selfs ‘n Aquaponics insek- en swambeheer. EZ Spray bied ‘n uitstekende naverkoopdiens met ‘n fokus op onderdele en herstelwerk. Alle onderdele is volop in voorraad en die dienste van ‘n tegnikus is beskikbaar om na jou EZ Spray om te sien. Kry sommer vandag nog jou EZ Spray-rugsak deur die webtuiste te besoek by www.ezspray.co.za of stuur ‘n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.