Droogtetoestande kan veel langer voortduur…

Posted in Latest News

Werner Kotzé

Agri-Pulse - Die algemeen misbruikte term, “klimaatsverandering” begin al hoe meer prominent raak in die Suid-Afrika-konteks. In Augustus het die lugsirkuasie baie belowend gelyk vir ‘n “normale” reënseisoen oor die lesersgebied.

Sedert September het die situasie drasties omgekeer met die voorkoms van meer as ‘n normale aantal frontale stelsels oor die land, wat steeds self nou nog voorkom. Uitteraard is dit goed vir die watersituasie in die Wes-Kaap, maar dit hou probleme in vir die watersituasie in die Suid-Afrikaanse binneland.  Die natuurlike verhitting wat die oseane tans ervaar, veroorsaak dat die lugdrukverskillende tussen hoogdrukstelsels en laagdrukstelsels verswak is en dat die gepaardgaande lugvloei tussen die stelsels ook verswak is. Die gevolg is dat die invloei van vogtige lug van die Indiese Oseaan na die binneland swakker as “normaal” is en dus nie so ver en wydverspreid oor die binneland ingevoer word nie. Die vorming van n laagdruktrog oor die binne is dus ook nie sterk gedefinieer nie. Laagdrukselstels wat wel gevorm word, word dus meestal weens hitte veroorsaak en konveksiedonderstorms is die gevolg.  Soos sake tans staan, wil dit lyk of hierdie die reënpatroon vir die somerseisoen kan wees. Dit beteken dat die voorkoms van verspreide reënstelsels oor groot dele van die boerderygebied beperk gaan wees en reën die komende seisoen eerder geïsoleerd gaan voorkom. Reën sal ook van laat November tot Desember waarskylik wees, wat ‘n invloed op grootskaalse saaiboerdery kan hê. Die intensiteit van die reën kan ook hoër wees omdat dit hoofsaaklik konveksiereën (donderstorms) sal wees.  In die geheel is aanduidings dus sterk dat onder-normale reën in die lesersgebied die somersisoen sal voorkom. Die droeër toestande sal in die westelike gebiede intensifiseer.