Wigwam - jou eerste keuse vir stylvolle aftrede

Posted in Latest News

Die Wigwam Aftreelandgoed sowat 15 km buite Rustenburg het oor die afgelope drie jaar ongetwyfeld die leiding geneem as die mees gesogte aftree-opsie in die Noordwes-provinsie. Heerlik knus aan die voetenent van die magiese Magaliesberge troon dié oord uit bo die konvensionele en selfs akkommodasie-instellings in die privaatsektor of toerismenywerheid sal moet diep delf om behoorlik kers vas te hou.

Nogtans bly die finansiële implikasies uiters mededingend. By Wigwam Aftreelandgoed voel inwoners terdeë tuis sonder om op enige manier geïsoleerd te voel. Die oord se konsep, uitleg en styl skep trouens die milieu van vryheid, oop ruimtes en matelose rus.  Lees gerus meer op bladsy 4.