Minimum­loon vanaf 1 Maart

Posted in Latest News

AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Die nuwe nasionale minimum loon het op 1 Maart verhoog.
Werkgewers gaan sowat R0,76 per uur meer betaal.

Vir algemene werkers verhoog die minimum loon van R20 per uur na R20,76.
Huiswerkers se voorgeskrewe lone verhoog na R15,57 per uur terwyl die loon vir plaaswerkers verhoog na R18,68 per uur. Werkers in die regering se program vir uitgebreide openbare werke sal nou R11,42 wees.
Die reaksie op die verhoging was, soos gewoonlik, uiteenlopend met sommige werkgewers wat ontevrede is met die verhoging en, aan die ander kant, vakbonde wat meen dat die verhoging onvoldoende is. ‘n Algemene gevoel onder die vakbonde is dat die minimum loon van R20 per uur al in 2017 vasgestel is en dat dit gevolglik nie werklik in pas is met lewenskostes nie.
Landbou-organisasies, soos die TLU, het egter die mening uitgespreek dat die verhoging eerder gaan bydra tot meer werkloosheid aangesien werkgewers arbeiders sal moet ontslaan omdat hul nie die verhoogde loonrekening kan bekostig nie.