Waar kry Fanta sy groen vingers?

Posted in Latest News

AGRIPULSE – NOORDWES - So ‘n hanetreetjie buitekant Kroondal in Noordwes, ja, nog op die grootpad Pretoria toe, maar die ou Pretoria-pad nê?, "boer" Fanta nou al die afgelope 16 jaar op ‘n klein lappie grond behoorlik vooruit!

Fanta van "Fanta se Stalletjie" soos almal hom ken, is ‘n man met groen vingers en terwyl ons nou van paaie praat, nog ‘n bietjie meer as ‘n hantreetjie duskant die Bakwena N4-tolpad waar groot getalle vragmotors, busse en "normale" stadsverkeer onophoudelik verby brul, haal Fanta die een mooi koolkop na die ander, wortels, tamaties, korsies (pampoentjies), knoffel, uie en noem maar op, uit die rooivars Kroondal-grond waar hy amper die afgelope 20 jaar al elke dag op sy pos is.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse August 2017 uitgawe.