Hofuitspraak reuse oorwinning vir vuurwapeneienaars, Jagtersvereniging

Posted in Latest News

AGRIPULSE – NOORDWES - Vuurwapeneienaars, jaggeesdriftiges en nagenoeg 41 000 lede van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging hou reeds die afgelope bykans 14 maande indien nie langer nie, asem op vir uitspraak ingevolge ‘n hofsaak wat die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging teen die Minister van Polisie aanhanging gemaak het met betrekking tot die "konfiskering" van vuurwapens en kriminalisering van vuurwapeneienaars wat weens verskeie moontlike redes nagelaat het om minstens 90 dae voor die verstryking van hul huidige vuurwapenlisensies, aansoek te doen vir die herlisensiëring van sodanige vuurwapens.

"Dié saak het pas met ‘n reuse oorwinning vir vuurwapeneienaars regoor die land en natuurlik die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging geëindig!" het mnr Carl Arnold - adjunkpresident van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging aan Agri-Pulse gesê.

Agtergrond

SA Jagters het ‘n aansoek in die Noord-Gautengse Hooggeregshof teen die Minister van SAPD aanhangig gemaak welke aansoek op 25 April 2017 deur die twee partye se advokate beredeneer is. In essensie het SA Jagters versoek dat Artikels 24 en 28 van Wet 60 van 2000 (Wet op Beheer van Vuurwapens) ongrondwetlik verklaar moet word. Gemelde artikels bepaal soos volg:

- Artikel 24 (1) : Die houer van ‘n lisensie uitgereik ingevolge hierdie hoofstuk wat verlang om die lisensie te hernu moet minstens 90 dae voor die verstrykingsdatum van die lisensie by die Registrateur aansoek doen om die hernuwing daarvan.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse August 2017 uitgawe.