Hier word dit só gedoen

Posted in Latest News

AgriPulse - Vaalharts – Al swoeg dié deel van die land steeds onder die ysige greep van die laaste wintersmaand lê die landerye hier soos groen lappieskomberse uitgegooi.

Vat jy die pad uit die Noordwes en kies jy koers deur Hartswater en Magogong, wat kort duskant Hartswater geleë is, betree jy die plantgebied van Vaalharts of meer bekend as die Skema.

Stellalander het onlangs tydens `n onderhoud by die Vaalharts Distrikslandbou-Unie gaan inloer om te hoor waarmee boere in dié gebied deesdae bedrywig is. Voorsitter van dié tak, Alewyn Schlebusch vertel dat boere hier, meestal onder besproeiing aanplant en word daar meer en deels gefokus op gewasse soos mielies, koring, grondboontjies en katoen.

Volgens hom, is `n gewildheid wat deesdae heelwat in die omgewing toeneem die pekanneutbedryf. Hy voeg ook by dat die skema sowat 38 duisend hektaar beslaan en word die Vaalrivierstelsel, onder andere die gravitasiekanaal, vir besproeiing gebruik.

Om die volle storie te lees, kyk na ons Agri Pulse August 2017 uitgawe.