Latest News

Vergeet die mielies - wat van ons bye?

Posted in Latest News

AgriPulse - Daar moet waarskynlik groot onsekerheid onder Suid-Afrikaanse byeboere te midde van die tans-belowende mielie-oes wees dat sekere produkte van bekende handelsmerke wat deels daarop gemik is om peste en plae soos die gevreesde Kommandowurm te beheer, (en hopelik uit te wis), ingevolge die proses uiters nadelig vir byekorwe kan wees.  

Agri SA sê politieke leierskap beduiwel die ekonomie

Posted in Latest News

“South Africa has the means, the goodwill, the people and the resources to eliminate poverty and reduce inequality. But it will not happen unless we write this new story, a story of people, their relationships, their dreams and their hopes for a better tomorrow”.

AgriPulse - Die kabinetskommeling, soos gisteraand aangekondig, gaan nie net oor individue nie, maar meer oor die onderliggende boodskap wat uitgestuur word, veral ten opsigte van die ekonomie, sê Johannes Möller, President van Agri SA.

Swaar reën bring skade maar ook belowende oes!

Posted in Latest News

AGRIPULSE - NOORDWES – Goeie nuus uit die Noordwes: die droogte is finaal gebreek – en dit blyk of daar nog baie meer reën vir die provinsie op pad is!

Verlede week het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n waarskuwing van swaar reën en vloede in die Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga uitgereik. Dit volg na die swaar reën wat verlede week in meeste dele van Suid-Afrika geval het.

Waar’s my binneband – ek moet lande toe?

Posted in Latest News

AGRIPULSE - WESSELSBRON - Met die voortgesette goeie neerslae vandeesweek blyk dit ‘n uitgemaakte saak te wees dat alle vorige rekords van die afgelope paar dekades oortref kan word.

Oor die afgelope naweek – trouens – sedert Sondagaand verlede week, was dit slegs Sondag ‘n sonskyndag en vir baie mense was dit tekenend dat die swaar reën van die afgelope tyd voorlopig die wyk sou neem. 

Donkie massa-moord trek wêreld se aandag

Posted in Latest News

AGRI PULSE - UPINGTON - Die onlangse ontdekking van ‘n “verskriklike massa donkie-moord-toneel” in Olifantshoek in die Noord-Kaap, waar honderde donkies  glo ingelok is en met hamers geslaan en lewendig afgeslag is, en berigte in die nasionale media verlede week dat meer as 5 000 donkie huide gevind is in ‘n plakkershut en ‘n metaal verskepingshouer in Benoni ontdek is, het die wêreld se aandag op hoe winsgewend die onversadigde Chinese aanvraag op donkievleis en -velle kan wees.