-
Suid-Afrikaanse boere moet oorsee belê
AGRI-PULSE – NOORDWES - Suid-Afrika se landbou-uitvoermark bly groei en versterk die land se posisie as ’n internasionale rolspeler. In die eerste kwartaal van 2025 het landbou-uitvoere met 10% gestyg teenoor dieselfde tydperk in 2024. In die tweede kwartaal het uitvoere na die Verenigde State gestyg met 26% vergeleke met 2024 – ten spyte van tariefuitdagings. Read more: Suid-Afrikaanse boere moet oorsee belê -
Nuwe president vir Agri SA
AGRI-PULSE – NOORDWES - Willem de Chavonnes Vrugt, veeboer in die Setlagole-omgewing, is onlangs verkies as die nuwe president van Agri SA tydens die organisasie se jaarlikse kongres in Pretoria. Daarbenewens is Derek Mathews, graanprodusent naby Lichtenburg, verkies as visepresident van Agri SA.
De Chavonnes Vrugt volg in die spore van uittredende president Jaco Minnaar, en beklee sy nuwe posissie met omvangryke ervaring in landbouleierskap, beleidsbeïnvloeding en strategiese bestuur. Onder sy leiding sal Agri SA voortgaan om sy missie te bevorder om ’n volhoubare, mededingende en inklusiewe landbousektor te verseker.Read more: Nuwe president vir Agri SA -
Kiepersolbome – bome met kenmerkende stamme en blare wat soos sambrele lyk
AGRI-PULSE – NOORDWES - Die Engelse naam vir dié plante - cabbage-tree - verwys na die blou-groen blare van sommige spesies, wat grootliks die kleur van koolblare naboots. In die destydse Kaapkolonie het kiepersolbome onder Afrikaanssprekendes as sambreelbome (sambreel) of nojesbome (nooiensbome) bekend gestaan.
Read more: Kiepersolbome – bome met kenmerkende stamme en blare wat soos sambrele lyk









