Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

20
Fri, Jun

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – BOTHAVILLE - Die 57ste Nampo Oesdag het op ‘n hoogtepunt afgesluit en sy posisie as Suider-Afrika se grootste en mees invloedryke graan-gefokusde landbouhandelsuitstalling herbevestig. Die fees het van 13 tot 16 Mei plaasgevind.

 

Met ‘n rekordbywoning van 87 191 besoekers oor vier dae en met meer as 900 uitstallers, het Nampo weereens bewys dat dit die belangrikste byeenkoms vir die graansektor, die breër landbouwaardeketting, en ‘n kritieke betrokkenheidsplatform is om oplossings en besprekings vir die landboubedryf te ondersoek.
Met lugverkeer van altesaam 377 vliegtuie en 69 helikopters wat hoofsaaklik uit die sakesektor bestaan het, was die lug bo Nampo so besig soos die park onder – ‘n duidelike simbool van die reikwydte, relevansie en reputasie wat hierdie geleentheid oor dekades opgebou het.
“Ten spyte van die huidige oesdruk wat produsente in die gesig staar, waar nat toestande uitdagings om die oes van die lande af te kry teweeg gebring het, was die skou ‘n reuse sukses. Die algemene stemming onder produsente was optimisties, en uitstallers het tevredenheid uitgespreek met die gehalte van die sake wat gedoen is. Die sterk teenwoordigheid van jongmense versterk ook dat landbou in Suid-Afrika ‘n toekoms het,” het Danie Minnaar, voorsitter van Graan SA se Oesdagkomitee, gesê.
Terwyl besoekersgetalle ‘n sleutelprestasie-aanwyser is, is die sake wat gedoen is, ‘n belangriker maatstaf van sukses. “Daar is geen twyfel dat verlede maand se Oesdag betekenisvolle sakebetrokkenheid regoor die waardeketting moontlik gemaak het nie,” het dr Dirk Strydom, besturende direkteur van NAMPO (Edms) Bpk, gesê.
President Cyril Ramaphosa het die geleentheid in sy persoonlike hoedanigheid as produsent bygewoon om sake te doen en met uitstallers oor die nuutste landboutegnologieë en -innovasie te gesels. Die amptelike regeringsafvaardiging, gelei deur adjunkpresident Paul Mashatile, het egter om ‘n meer strategiese rede opslae gemaak: ‘n hernieude nasionale dialoog oor landbou se sentrale rol in die ekonomie.
* Nampo se datums vir aanstaande jaar is reeds vasgestel: 12-15 Mei.