Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

21
Mon, Sep

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – NOORDWES - Suid-Afrika se landbou-uitvoermark bly groei en versterk die land se posisie as ’n internasionale rolspeler. In die eerste kwartaal van 2025 het landbou-uitvoere met 10% gestyg teenoor dieselfde tydperk in 2024. In die tweede kwartaal het uitvoere na die Verenigde State gestyg met 26% vergeleke met 2024 – ten spyte van tariefuitdagings. 

 

Hierdie syfers beklemtoon beide die potensiaal en ingewikkelheid van moderne Suid-Afrikaanse boerderye. Om hoëgehalte produkte te lewer is een uitdaging; om ’n besigheid te struktureer wat voordeel uit internasionale markte trek, is ’n ander. Brandon Voges, Besigheidontwik-kelingsbestuurder by Sovereign Trust (SA), verduidelik: “Suid-Afrikaanse boere is van nature aanpasbaar, maar om wêreldwye verskaffers te wees, bring nuwe oorwegings mee. Buitelandse beleggings gaan nie meer net oor belastingdoeltreffendheid nie, maar bied ’n raamwerk om winste te herbelê, toegang tot internasionale finansiering te verkry, en om blootstelling aan buitelandse valuta te bestuur.”
Wanneer dit korrek gedoen word, kan oorseese strukturering boere help om uitvoerinkomste te beskerm, kapitaal te bekom vir die uitbreiding van verspreidingsnetwerke, en opvolgplanne te bou wat die familie-erfenis vir toekomstige geslagte verseker. 
Met toenemende toesig deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en internasionale reguleerders, moet buitelandse strukture deursigtig wees en in lyn met sowel Suid-Afrikaanse as buitelandse wette. Volgens Voges: “’n Goed gestruktureerde plan sal boere in staat stel om met selfvertroue te boer, met die wete dat hulle aan oorhoofse vereistes voldoen terwyl hulle hul besighede vir langtermyn-sukses opstel.”
Vir baie plaasgesinne is die besigheid hul waardevolste bate. Voges sê: “Dit gaan daaroor om gesinne gemoedsrus te gee. Hulle kan verseker dat die bates waarvoor hulle so hard gewerk het, beskerm word en waarde bly skep vir toekomstige geslagte.”
Doeltreffende oorsese beplanning vereis vennote wat boerdery verstaan – van tydsberekening en kontantvloei tot buitelandse finansiering en -valutabestuur. Voges sluit af deur te sê dat suksesvolle oorsese beleggings nie oor ’n enkele produk of diens gaan nie, maar oor die bou van ’n volledige raamwerk wat Suid-Afrikaanse boere in staat stel om oor grense heen te floreer.
Die vermoë om plaaslike landbou-insigte met internasionale kundigheid te kombineer, en oplossings te bied wat finansiële strategie, belastingnakoming en welvaartsbestuur in lyn bring, is die sleutel tot die skep van strukture wat geleenthede, nakomingsbeleide en langtermynsekuriteit ondersteun.