AGRI-PULSE – RUSTENBURG – Cayuga-eende het hul oorsprong in Amerika. Hierdie eende is ‘n swaargewig-eend en die mannetjies weeg 3,6 kg en die wyfies 3,2 kg. Hulle lê wit eiers. Die naam Cayuga kom van die Cayuga-meer in New York.
Biologiese variasie in die blomme van bome
Naas Grové - President: Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika
AGRI-PULSE - NOORDWES - Al ooit gehoor dat iemand verwys na sekere kenmerke van ‘n boom as dikwels, soms, meestal, bykans, skaars, selde, amper? Dit is maar ’n paar woorde wat ‘n aanduiding is van die frustrasie waarmee ’n dendroloog mee verlief moet neem.
Die Hoft-sussies van Upington en hul perd groet skoubane
AGRI-PULSE - UPINGTON - Die twee Hoft-sussies, wat beide Springbokruiters is, het onlangs tydens die Noord-Kaap Saalperd Streekskou wat op Upington gehou is, afskeid geneem van hul geliefde skouperd, EF Fever Pitch. Hy het nou afgetree op Straussburg by sy Hoft-familie, wat hom elke dag sedert sy tuiskoms, geniet en bederf.
Gee sonder ophou – die SV1609-soetrissie
AGRI-PULSE – BRITS - SV1609 is ‘n semi-onbeperkte soetrissie wat groen na rooi van kleur is – en met uitmuntende weerstand teen Phytoptera. As daar een soetrissie is wat ‘n mens op kan staat maak is dit SV1609.
Hiérdie besondere soetrissie is bekend daarvoor dat dit ‘n ongelooflike lang siklus van groei het en kan beide hitte, asook nat klimaat toestande geweldig goed hanteer.
Daarmee saam, is SV1609 ‘n soetrissie wat gee sonder ophou! SV1609, word gereeld in die Brits-area in gruisgrond geplant, en hierdie area van ons land is bekend vir droë en warm somers. Nogsteeds, floreer hierdie soetrissie en word kratte-vol, die een na die ander gepluk - met kwaliteit wat jou nie in die steek laat nie.
Western Farms se aartappels is die beste
AGRIPULSE – LICHTENBURG – Aartappels is so ‘n interessante gewas. Nes jy dink jy het alles reg gedoen, meng siektes of plae in...