Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

21
Mon, Sep

AGRI-PULSE – NOORDWES - Willem de Chavonnes Vrugt, veeboer in die Setlagole-omgewing, is onlangs verkies as die nuwe president van Agri SA tydens die organisasie se jaarlikse kongres in Pretoria. Daarbenewens is Derek Mathews, graanprodusent naby Lichtenburg, verkies as visepresident van Agri SA.
De Chavonnes Vrugt volg in die spore van uittredende president Jaco Minnaar, en beklee sy nuwe posissie met omvangryke ervaring in landbouleierskap, beleidsbeïnvloeding en strategiese bestuur. Onder sy leiding sal Agri SA voortgaan om sy missie te bevorder om ’n volhoubare, mededingende en inklusiewe landbousektor te verseker.

Read more …Nuwe president vir Agri SA

Naas Grové

AGRI-PULSE – NOORDWES - Die Engelse naam vir dié plante - cabbage-tree - verwys na die blou-groen blare van sommige spesies, wat grootliks die kleur van koolblare naboots. In die destydse Kaapkolonie het kiepersolbome onder Afrikaanssprekendes as sambreelbome (sambreel) of nojesbome (nooiensbome) bekend gestaan.

Read more …Kiepersolbome – bome met kenmerkende stamme en blare wat soos sambrele lyk

Naas Grové

AGRI-PULSE – NOORDWES - Die EUPHORBIACEAE (Naboom-familie) is ‘n baie groot en diverse blomplantfamilie. Daar is ongeveer 250 - 300 genera en ongeveer 
5 000 - 6000 spesies. Die plante van hierdie familie word regoor die wêreld aangetref en die familie word verteenwoordig deur verskeie genera soos, Euphorbia, Ricinus, Phyllanthus, Croton, Pedilanthus.

Read more …Die Dooimansboom

AGRI-PULSE – BRITS – Van piekels tot pesto en blatjang tot konfyt, het Lizelle Elliott van Geluk net buite Brits, gewys sy is ‘n preserveerkoningin toe sy as wenner van die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe in die afdeling vir kerrieboontjies gekroon is.
Sy is ‘n voorslag in haar kombuis en haar rakke kreun behoorlik onder ‘n groot verskeidenheid van al haar ingelegde produkte wat sy Ietsie Lekker Tuisgemaak noem.
Benewens die feit dat haar kerrieboontjies die beste in die land is, het sy ook ‘n silwer toekenning vir haar “Basil Pesto” ontvang.
Vanjaar was die eerste keer wat die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe plaasgevind het en ‘n rekordgetal van bykans 500 inskrywings is ontvang. Die prysuitdeling het op 19 Augustus by ‘n wynlandgoed in Stellenbosch plaasgevind.
Op die vraag wat haar kerrieboontjies so ekstra lekker maak, het sy nie veel van haar geheim gedeel nie, maar wel gesê dat dit ‘n outydse resep wat sy haar eie kinkel gegee het.

Read more …Britsie wen gesogte prys

More Articles …