Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

14
Tue, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - UPINGTON: Die Tafeldruifoes is byna agter die rug en volgens die voorsitter van die Oranjerivier Produsente Alliansie, mnr. Gabriel Viljoen, was vanjaar se oesjaar baie gunstig.

Heelwat meer kartonne tafeldruiwe is langs die Benede-Oranje gepak as verlede jaar.  Die jaar (2023/24) is 23.9 miljoen kartonne gepak teen 2022/23 oesjaar se 16,4 miljoen kartonne. 
Die oesjaar wat strek vanaf week 45 (mid November) tot ± week 5/6, het gustig begin sonder enige reënbuie. “Die kwaliteit van die vrug is vanjaar baie goed. Dit was ‘n goeie korrelgrootte-jaar wat gekoppel is aan produksie per hektaar gepak. Hoe groter die korrel, hoe meer bokse kan per hektaar gepak word,” het Gabriel gesê.

Sekere kultivars het bietjie gesukkel met kleur, soos die Flame Seedless en Tawny Seedless. 
Volgens hom was daar egter ook ‘n paar uitdagings. Midseisoenreën het op sekere plekke voorgekom wat nadelig was vir die vrugte. Die grootste kopseer is egter sekere omstandighede by die hawens. Produsente het gesukkel om skeepsvraghouers van sekere verskepingsagtenskappe hier te kry. Omdat druiwe nie meer per spoor vervoer kan word nie, word alle druiwe per pad na die hawens vervoer. Party produsente het hul vragte direk na Port Elizabeth gestuur as gevolg van die vertragtings op die Kaapse hawe.
Die markte is vanjaar leeg en dis ‘n uiters gunstige bemarkingsjaar vir tafelduiwe. Selfs met die vertraagde lewering van die vrugte, skuif die vragte steeds goed, omdat die markte leeg is.
Tafeldruiwe word in ‘n gebied van 350 km langs die Benede-Oranjeriviergebied geplant, dit is sowat 5 800 ha wat vanaf Klein Pella tot by Upington strek. 
Mnr. Viljoen is dankbaar dat die seisoen so goed afgeloop het. Dit bevorder die ekonomie van ons streek. Hy wens die wyndruifprodusente sterkte toe met die oes wat nou gelewer word, asook die rosyntjieboere wat besig is met die droog van rosyne. 
Volgens die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (SATI) se hersiene oesskatting was daar vanjaar ‘n toename van  3.8% op die seisoen se aanvanklike oesskatting wat op 29 September 2023 vrygestel is, en ‘n 16% toename op die vorige seisoen se werklike volumes.

Die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (SATI) het ‘n hersiene oesskatting vir die 2023/2024-seisoen aangekondig, wat ‘n totaal van 75,8 miljoen kartonne voorspel wat vir uitvoer geïnspekteer is.
Dit is die voorspelling van tafeldruiwe in die hele Suid-Afrika.
Die toename is as gevolg van hoër as verwagte verpakkingsvolumes in die Oranjerivierstreek.
Verpakking in die Oranjerivierstreek nader voltooiing, en huidige voorspellings dui op ‘n finale inspeksievolume van ongeveer 23,9 miljoen kartonne. Dit oorskry die Oranjerivierstreek se aanvanklike skatting van 21,1 miljoen kartonne, wat gelei het tot ‘n opwaartse hersiening van die nasionale inspeksievolume
In die Noordelike Provinsies is verpakking nader aan voltooiing, en die geraamde inspeksievolume bly onveranderd op 5,8 miljoen kartonne.
Net so is die drie Wes-Kaapse streke – Olifantsrivier, Bergrivier en Hexrivier – op koers met hul oorspronklike skattings, en die verpakking vorder glad.
Verwagte volumes: Olifantsrivier 3,4 miljoen kartonne, Bergrivier 19,1 miljoen kartonne en Hexrivier 23,5 miljoen kartonne.
Die hersiene oesskatting van 75,8 miljoen kartonne verteenwoordig ‘n gesonde toename in Suid-Afrika se nasionale tafeldruifvolumes (65,2 miljoen kartonne wat in die vorige seisoen vir uitvoer geïnspekteer is).
Dit voorspel goed vir die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf, wat sy vermoë aandui om ‘n betroubare en betekenisvolle verskaffer van hoë gehalte druiwe aan internasionale markte te bly.