Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

20
Mon, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE – UPINGTON - Raisins SA het onlangs vier suksesvolle velddae in die belangrikste produksiegebiede aangebied. Die geleenthede het produsente, tegniese adviseurs en bedryfvennote bymekaar gebring om praktiese uitdagings en oplossings in die wingerd te bespreek.

Die velddae is moontlik gemaak deur die ondersteuning van Eco-Green, ’n maatskappy wat fokus op plantvoeding, biostimulante, grondverbetering en volhoubare landbou-oplossings wat nie net op organiese produkte gefokus is nie. 
ICA, ’n verskaffer van gewasbeskermings- en plantvoedingsoplossings, het die deelname van Kobus Hartman moontlik gemaak. Hy het verduidelik dat donsskimmelspore tot ses jaar dormant in die grond kan bly en onder gunstige toestande weer infeksies kan veroorsaak. Voorkomende beheer bly daarom noodsaaklik, aangesien die siekte moeilik beheerbaar raak sodra dit gevestig is. 
Produsente is herinner aan die 10:10:24-reël (10 mm reën, 10°C vir 24 uur) as aanduiding van moontlike infeksie. 
Gereelde monitering van weerstoestande en tydige voorkomende bespuitings is as sleutels tot suksesvolle beheer beklemtoon.
Kobus het ook die toenemende belang van maksimum residulimiete (MRL’s) bespreek, veral met betrekking tot marktoegang in Europa. Raisins SA beoog om ’n insetwerkgroep saam te stel wat sal fokus op die ontwikkeling van ‘n aanbevole program van aktiewes. 
Hoewel ‘n enkele produsent se rosyne slegs drie of vier meetbare residue bevat, word rosyne van verskeie produsente saamgevoeg tydens verpakking. Dus bevat die eindproduk aansienlik hoër aantal residue. 
Deur groter samewerking en meer gestan-daardiseerde gewasbeskermingsprogramme na te streef, kan die bedryf die totale residuprofiel van Suid-Afrikaanse rosyne verminder, wat ‘n mededingende voordeel in internasionale markte kan skep en marktoegang verder versterk.
Benewens die formele aanbieding het deelnemers tyd in die wingerd deurgebring waar informele tegniese gesprekke plaasgevind het. 
Onderwerpe soos wortelontwikkeling, spruit-programme, voedingstrategieë, nutriëntbestuur en algemene produksie-uitdagings is in die praktyk bespreek. 
Waarnemings uit verskillende besproeiings-benaderings proewe, asook die impak daarvan op wingerdgroei, watergebruik en grondkwaliteit is bespreek. 
Hierdie gesprekke het waardevolle kennisuitruiling tussen produsente en kundiges moontlik gemaak.
Uittreksel uit Raisins SA nuusflits