AGRI-PULSE - NOORD-KAAP - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het ‘n nuwe leeu-opname program in die Kgalagadi Oorgrenspark van stapel gestuur deur ‘n vennootskap met die Endangered Wildlife Trust (EWT) te sluit.
Die opname sal tot Oktober 2026 voortduur en is daarop gemik om die begrip van die park se leeubevolking te verbeter, insluitend die aantal leeus, waar hulle voorkom en hoe hulle oor die landskap beweeg.
Die hande wat bou, die hart wat koester
AGRI-PULSE – LICHTENBURG - Deesdae beteken die woord “boervrou” nie meer net iemand wat aan die sy van ’n boer staan nie. Boervroue is vennote, ondersteuners, bestuurders, ma’s, bemarkers, boekhouers en dikwels self ook boere.
Die soetdoring – ’n ware staatmaker van Suider-Afrika
AGRI-PULSE – RUSTENBURG - Min bome is so kenmerkend deel van die Suid-Afrikaanse landskap soos die soetdoring (Vachellia karroo). Waar hierdie tipiese Afrika-savannaboom in gebiede met ’n hoë reënval voorkom word dit dikwels saam met rooigras (Themeda triandra) aangetref.
Wanneer die rook bedaar…
AGRI-PULSE – NOORDWES – Veldbrande begin stilweg, met ‘n enkele vonk of gloeiende kooltjie wat droë gras, oorgroeide plantegroei of opgehoopte plantmateriaal aan die brand steek – alles brandstof wat net vir die regte omstandighede wag.
Senwes - massiewe nuwe mielie-rekord
AGRI-PULSE - NOORDWES - Maandag, 13 Julie 2026 sal onthou word as ’n geskiedkundige dag in die Suid-Afrikaanse landbousektor.
Senwes het sy eie geskiedenisboeke herskryf toe ’n nuwe rekord vir die meeste ton mielies wat binne ’n enkele dag ontvang is, amptelik opgestel is.








