Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sidebar

07
Wed, Oct

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AGRI-PULSE - NOORDWES - Maandag, 13 Julie 2026 sal onthou word as ’n geskiedkundige dag in die Suid-Afrikaanse landbousektor.
Senwes het sy eie geskiedenisboeke herskryf toe ’n nuwe rekord vir die meeste ton mielies wat binne ’n enkele dag ontvang is, amptelik opgestel is.

Teen die einde van daardie geskiedkundige Maandag het die teller op ’n fenomenale 75 759 ton gestaan - ’n prestasie wat die skaal en aanpasbaareheid van plaaslike produsente en die doeltreffendheid van Senwes se personeel onderstreep.
Die dag het in die vroeë oggendure met ‘n doelgerigte gees begin. Vrag vir vrag het die mielies by die silo’s ingestroom terwyl produsente en personeel skouer aan skouer gewerk het om die logistieke uitdaging te bowe te kom. Die momentum het dwarsdeur die dag opgebou, en die opwinding was tasbaar toe die rekord net ná 19:30 amptelik oortref is.
Volgens Senwes is hierdie prestasie ’n direkte gevolg van die uitsonderlike samewerking tussen alle betrokkenes. 
“Baie dankie aan elke produsent en per-soneellid wat deel was van hierdie ongelooflike prestasie,” lui ’n verklaring van die maatskappy. “Julle toewyding en harde werk het van hierdie dag een vir die boeke gemaak.”